Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 22 JULIE 2014

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL

Hierdie oudio bulletin kan afgelaai word vanaf die SARL se webblad by www.sarl.org.za ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook van hierdie webblad afgelaai word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.


Ons begin hierdie nuusbulletin met nuus van 'n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van Issy Kotzen, ZS6JK, van Potchefstroom op die ouderdom van 91 jaar. Hy was 'n amateur vir 67 jaar en was een van die stigters van die Potchefstroom Radioklub, wat later bekend geword het as die Wes-Transvaal-tak van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

Ons innige meegevoel aan sy familie en vriende.

POUSE

IN DIE NUUS VANDAG

SARL INTEGNET OP DINSDAG 22 JULIE

SARL@HOME KYK NA KOMPETISIES OP N NUWE DATUM

CQ SUIDER-AFRIKA HF KOMPETISIES

EN

SARL HAMNET MONITOR NET SUKSESSE

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga sal 'n Integnet op Dinsdag 22 Julie om 19:30 hou om die SARL afgevaardigdes na die IARU Streek 1 Algemene Konferensie in Bulgarye in September in te lig oor hoe om te stem ten opsigte van die verskillende konferensie dokumente. Die konferensie dokumente kan by tinyurl.com/IARU2014 afgelaai word

Die drie afgevaardigdes van die Suid-Afrikaanse Radioliga, Geoff Levy ZS6C, Rassie Erasmus, ZS1YT, en Riaan Greeff, ZS4PR, sal die verskillende referate oor administrasie en finansies, HF, BHF / UHF asook mikrogolf sake bespreek.

** As gevolg van 'n botsing met die Sandton Amateurradioklub AJV, is die datum vir die SARL@Home geleentheid met een week verskuif en dit sal nou op Saterdag 2 Augustus 2014 om 09:30 SAT gehou word. Geoff, ZS6C, sal praat oor kompetisies en kompetisie log-sagteware. Hy sal die sagteware demonstreer en as jy 'n geheue-stokkie saam bring, kan jy n kopie van die sagteware saamneem. Daar is geen koste vir SARL-lede nie, maar jy moet bespreek sodat ons weet hoeveel om voor voorsiening te maak. Vir nie-lede is die bedrag R100. Gebruik asseblief die besprekingsvorm wat beskikbaar is op die Suid-Afrikaanse Radioliga webwerf of bel Vonnie op 011 675 2393 om jou bywooning te bevestig. Verversings sal bedien word.

** Die SARL HF Foon kompetisie begin die CQ Suider-Afrika reeks kompetisie in Augustus. Die HF Foon kompetisie sal gehou word op Sondag 3 Augustus vanaf 13:00 tot 16:30 UTC met aktiwiteit op 20, 40 en 80 meter. 'n RS-verslag en 'n opeenvolgende reeksnommer wat by 001 begin word uitgeruil. Deelname kan as 'n Enkel-operateur enkel band; Enkeloperateur alle bande; Multi-Operateur enkel band of 'n Multi-Operateur alle bande wees. Foon kontakte tel 1 punt, tel twee punte vir elke roep area op elke band en tel 2 punte vir elke stasie gekontak op al drie bande. Daar sal 'n gelukkige trekking wees vir 'n ARRL Antenna boek ter waarde van meer as R900,00. Om deel te neem, moet 'n deelnemer 'n log indien met 'n minimum van 15 kontakte. Kry die volledige reëls in die SARL Kompetisiehandboek.

** Die volgende SARL Jeug net sal op 3 Augustus om 15:00 op 7 070 kHz gehou word. Klubs word uitgenooi om hul klub-stasies te aktiveer en die jong mense te fasiliteer ten einde by die net aan te sluit. Die doel van die net is om jong mense bymekaar te bring. As jy nie in die jeug kategorie is nie, gee asseblief die jong mense 'n kans deur nie by die net aan te sluit nie, maar deur net te luister.

Die wenner van die fotografiese kompetisie is Tyler Stegmann, ZU6TS, 11 jaar oud. Hy het vanaf die 1ste Polokwane Padvindergroep, ZR6PS, se saal gewerk. Tyler sal 'n Velleman edukit, wat 'n soldeerbout, messe, soldeersel en twee projekte bevat, ontvang. Die stel, ter waarde van R395, is geborg deur Electronics FG van Faerie Glen, Pretoria.

** Op Donderdag middag 17 Julie het Rickus, ZS4A, wat ZS4DCC beman, ‘’n berig via die SARL HAMNET monitor net op 7 110 kHz gestuur dat Van Reenenspass tydelik gesluit is weens baie sterk wind. Windsnelhede van tot 141 km/h is gemeet. Die oproep is deur Dawie, ZR6DHC, in Rustenburg beantwoord net ná 16:00 en binne minute was die inligting geplaas op die SARL HAMNET Facebook bladsy asook oorgedra via Twitter.

Intussen is kontak gemaak met Lloyd ZS6MO/mobiel via die 145,650 MHz Harrismith herhaler wat daarin geslaag het om die net te voorsien met 'n intydse situasie verslag. ‘n Rukkie later is die nuus ontvang dat die pas geopen is vir ligte verkeer, maar vragmotors en busse met hoë kante was nie toegelaat om in die pas te ry nie.

Hierdie is net nog 'n voorbeeld en motivering vir plaaslike amateurs om die 7 110 kHz nood frekwensie te monitor gedurende die dag omdat toestande binne minute kan verander. Vir diegene met toegang tot Facebook en Twitter is dit raadsaam om by die SARL HAMNET groepe op die verskillende platforms aansluit om op hoogte te bly van die huidige omstandighede.

** Derek Hileard, G4CQM, beskryf die toestande oor die Atlantiese Oseaan soos volg, "Die Atlanties oseaan skei die twee vastelande, Noord-Amerika en Europa. Dit is 'n onhergesame plek met koue lug en water vanaf die Arktiese see. As gevolg van hierdie, is voorplantings moontlikhede baie beperk in die rigting van Noord-Amerika, in teenstelling met die warm oseaan paaie van Europa na die suide en suidweste. Oor die dekades is talle Amateur Radio geleenthede geskep om tweerigting kontak te bewerkstellig en die Brendan trofee te wen, maar ongelukkig sonder sukses! Maar daar was al 'n paar een rigting ontvangsverslae wat steeds die verbeelding prikkel. "Besoek Derek se webwerf by www.G4cqm.co.uk om meer uit te vind.

Op 6 Julie 2014 het John Regnault, G4SWX, by Woodbridge in Suffolk, verskeie kort meteoriet sarises op FSK441 ontvang wat ontsyfer is as twee CQs en 'n enkele roepsein van VC1T. Die dag voor dit het Terry Gabriel, M0VRL op Delabole in Cornwall, spore van 'n JT65 sein in en uit die geraas ontvang, maar kon nie die roepsein ontsyfer.

Daar is twee groot uitdagings wat wag op VHF amateurs op 144 MHz, hulle is die 6 000 km see pad oor die Atlantiese Oseaan tussen Suid-Afrika en Brasilië en die 8 000 km kruising van die Indiese Oseaan tussen Suid-Afrika en Australië, maar in beide gevalle kan ’n troposferiese kanaal die deurbraak gee!

** Die Internasionale Vuurtoring en Ligskip naweek vind plaas op 16 en 17 Augustus. Hierdie is nie 'n kompetisie nie, maar 'n prettige aktiwiteit om wêreldwyd met vuurtorings kontak te maak en die bewaring van hierdie strukture aan te moedig. Op die oomblik is twaalf Suid-Afrikaanse vuurtorings by www.illw.net geregistreer vir die Vuurtoring naweek.

Suid-Afrika het vyftig vuurtorings langs die kus. Ses en twintig van hierdie het ILLW nommers met twee vuurtorings wat dieselfde nommer deel. Vier vuurtorings is buite werking gestel en vier vuurtorings is op eilande waarvan drie op die Eilande op die Lug lys verskyn. Lees HF Happenings 615 volgende week om al die besonderhede te kry.

U luister na 'n bulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga, en nou kyk ons na kompetisienuus en nuus van die klubs.

** IARU HF-kampioenskappe. Geoff, ZS6C, rapporteer dat min amateurs bereid was om hul dienste oor die naweek van 12 en 13 Julie beskikbaar te stel. Die ZS9HQ span was Vidi, ZS1EL, Roger, ZS6RJ, Neil, ZS6/VA7DX, Joop, ZS6JP, Theunis, ZS2EC, en Geoff, ZS6C. Die 2014-kompetisie was baie beter as verlede jaar. Aan die einde van die 24 uur, het ZS9HQ 'n totaal van 1 929 kontakte gewerk. Geoff sê dankie aan die amateurs wat hul tyd gegee het om ZS9HQ te bedryf.

** Die uitslae van die SARL Top Band QSO Geselligheid gehou van 19 tot 23 Junie is soos volg. Drie logs en een kontrole log ontvang is, wat baie teleurstellend was.

1ste Johan van Zijl, ZS4DZ
2de Lukas Holtzhauzen, ZS6LH
3de Hendrik Odendaal, ZS6DO
Baie geluk aan Johan

** Die RSGB se Eilande op die Lug kompetisie sal op die lug wees oor die naweek van 26 en 27 Julie met foon en GG aktiwiteit op 80 tot 10 meter (die WARC bande uitgesluit). Vind die reëls op die RSGB webwerf.

** Die Suid-Afrikaanse Radioliga JD-naelloop is 'n prettige aktiwiteit om Nasionale Vrouedag op 9 Augustus te vier. Die Naelloop is op die lug van 09:00 tot 10:00 UTC en dit is 'n foon naelloop op die 40-meter band. 'n RS-verslag en YL of OM word uitgeruil.

** Is jou klub se herhaler of baken inligting op datum? Die Suid-Afrikaanse Radioliga is tans besig om die inligting op die herhaler en baken databasis op die liga se webblad op te dateer. 'n Hele paar van die stasies gelys is nie meer aktief nie. Sommige inligting is verouderd en moet bygewerk word. As jy die bewaarder van 'n herhaler / baken / digi-herhaler is, besoek www.sarl.org.za/public/local/Unmanned.asp en dateer die inligting op. Dit sal die Suid-Afrikaanse Radioliga help in die verskaffing van opgedateerde inligting aan gebruikers oor die ligging en frekwensie van herhalers en bakens.

** Die ZS6PTA Winter Mega vlooimark word op Saterdag 26 Julie 2014 by die Pretoria Motorklub in Silverton gehou tussen 08:00 en 11:00. Almal is welkom om by te woon. Vir meer inligting of om 'n tafel te bespreek, kontak asseblief vir Almero, ZS6LDP, by 083 938 8955.

** Die Wes-Rand Amateurradioklub het hul 58ste AJV op 12 Julie 2014 gehou en die volgende lede is tot die komitee verkies vir 2014/2015.

Voorsitter - Nick Dreyer, ZS6NCK
Vise-voorsitter - Johan van Vuuren
Sekretaris - Noel Hammond, ZR6DX
Tesourier - Hugh Wason, ZS6WAS
Lede - John Brock, ZS6WL, Phillip van Tonder, ZS6PVT, Nic van Duffelen, ZR6AEZ, Geoff Levey, ZS6C, Willem Weideman, ZS6X, Dave Cloete, ZR6AOC, Marinus Brand, ZS6BM, en Keith Liddle ZS6AGF

** Die Centurion Radioamateurklub het sy algemene jaarvergadering op Saterdag 12 Julie en die volgende lede is tot die komitee verkies:

Voorsitter en Tesourier - Pam Momberg, ZS6APT
Vise-voorsitter - Gawie Basson, ZS6GJJ
Sekretaris - Billy Strumpher, ZS6WPS
Tegniese - Johan Keulder, ZS6CAQ
Sosiale - Gert Viljoen, ZR6BV

Ons dank die vorige komitees vir hul bydrae en wens die nuwe komitee voorspoed vir hul termyn.

** Aansoek om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:
- Rigardt Johann van der Spuy, ZSL 1026
- Johann-Arnmand Erasmus, ZSL 1013
Enige besware teen die aanvaarding van hierdie lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin. Op hierdie tydstip het amper meer as 1 000 lede reeds hulle lidmaatskap hernu.

DIE VOORPLANTINGSVERSLAG

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak skerp gedaal het. Daar is slegs een kleinerig sonvlek sigbaar. Vir diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 25.

Amateurs gaan die drie DX-bande van 20 tot 15 m geniet met 20 m wat die beste openinge gaan oplewer terwyl die 15 m net 'n kortkop agter behoort te wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

WAT IN DIE DAGBOEK VAN GEBEURE?

Dinsdag 22 Julie om 19:30 SAT, die SARL Integnet
26 Augustus - die ZS6PTA Mega vlooimark en die Sandton ARK se AJV
26 en 27 Julie - die RSGB IOTA Kompetisie
2 Augustus - die SARL@Home by NARS
3 Augustus om 15:00 SAT, die SARL HF-foon kompetisie; ook die SARL Jeug Net
9 Augustus - die SARL JD-naelloop
16 en 17 Augustus - die Internasionale Vuurtoring en Ligskeep naweek
17 Augustus - die SARL HF Digitale Kompetisie

Jy kan meer inligting oor hierdie en ander gebeure op die Suid-Afrikaanse Radioliga webwerf by www.sarl.org.za kry

Ons eindig hierdie week se nuus met 'n terugblik op ons hoofnuus

Die Suid-Afrikaanse Radioliga sal 'n Integnet op Dinsdag 22 Julie om 19:30 hou om die Suid-Afrikaanse Radioliga afgevaardigdes na die IARU Streek 1 Algemene Konferensie in Bulgarye in September in te lig oor hoe om te stem ten opsigte van die verskillende konferensie dokumente. Die konferensie dokumente kan by www.iarur1con2014.bfra.bg/ afgelaai word. Sluit by ons aan op Dinsdag om 19:30 op 'n herhaler naby jou.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na die amateurradio tydskrif program "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land

'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Besoek die webblad www.podpage.co.za om heelwat interesante amateurradio verwante potgooie af te laai.

En daarmee kom ons aan die einde van hierdie nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003